News

Vrystaat Landbou vergesel LUR’e op grensbesoek

Vrystaat Landbou (VL) hoop op spoedige optrede van die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, sowel as die LUR van landbou, ná hul besoek aan misdaadbrandpunte langs die Lesotho-grens tussen 10 en 12 September. Die besoek het dorpe soos Zastron, Vanstadensrus, Wepener, Hobhouse, Ladybrand, Clocolan, Ficksburg, Clarens, Fouriesburg en gebiede in QwaQwa ingesluit. VL het die LUR’e ingelig oor die uitdagings wat boerderygemeenskappe langs die grens in die gesig staar.

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van VL, het die LUR’e vergesel en bevestig dat inligtingsessies deur geaffekteerde boerderygemeenskappe aangebied is oor die probleme wat met oorgrensmisdaad gepaardgaan. Hierdie probleme sluit vee- en weidingsdiefstal, brandstigting en diefstal van trekkers, implemente en soutlekke in. Daarbenewens word plaasprodukte, trekkers en koperkabels gesteel, en besproeiingstelsels en kripbakke word
beskadig. Onwettige deurgangsroetes vir Basotho’s dra verder tot hoë misdaadvlakke by.

Biosekuriteit en die oordrag van dieresiektes weens die gebrek aan heinings en kwarantynfasiliteite is ook bespreek. Die verhuring van grond en weiding aan Basotho-boere, asook die groot getalle Basotho’s wat onwettig in die land is, is deur alle boerderygemeenskappeas dringende sake uitgewys. Dr. Buys het ook beklemtoon dat die gebrek aan selfoonontvangs ʼn geweldige groot probleem vir boerderygemeenskappe langs die grens is.

“Al hierdie uitdagings sal in ʼn verslag vervat word, waarin kort- en mediumtermyn-aksieplanne geformuleer gaan word vir daadwerklike ingryping deur nasionale departemente op provinsiale vlak,” het Buys afgesluit.

Pin It on Pinterest

Insurance Chat
Bold New Look, Same Trusted Power: Engen Xtreme Launches Premium Performance
Engen awards 131 bursaries as Engen Maths & Science School matrics achieve record 98% pass rate
WSP’s Energy team powers renewable energy transition with Ummbila Emoyeni project
The Volkswagen Community Trust empowers communities through NPO support
SA Rugby Welcomes Hyundai as an Official Sponsor of Junior and Youth Week Rugby
One suspect was arrested for possession of a stolen motor vehicle and three signal jamming devices used to disable tracking systems
Theft of bakkie reported in Pinetown
Drive with Confidence: Ford Protect and the Ford Family Guarantee Provide Comprehensive Support